+27 12 332 3222 | [email protected] | Cunninghamlaan 1182, Waverley, Pretoria, South Africa
MySchool is ‘n program wat daarop fokus om skole en vele ander organisasies te ondersteun met fonds insameling. Deur by een van hul 1500 vennote landswyd inkopies te doen en jou kaart te vee, kan jy help om fondse in te samel vir ons skool, sonder dat dit jou ‘n sent kos!
Kry eenvoudig jou gratis MySchool MyVillage MyPlanet-kaart, kies tot drie begunstigdes (skole en liefdadigheidsorganisasies) waarvoor jy fondse wil insamel en koop by een van hul vennote.
Elke keer as jy jou kaart gebruik by een van hul besigheidsvennote, betaal hul ‘n persentasie van jou aankope aan ons skool!
Kry jou gratis MySchool MyVillage MyPlanet kaart (virtuele of fisiese) op een van vier maklike maniere:
Koppel eenvoudig jou Woolworths-kaart aan jou voorkeurskool of liefdadigheidsorganisasie. Elke keer as jy jou Woolies-kaart gebruik, sal ‘n persentasie teruggegee word. Onthou net dat jy nie jou Woolies-kaart by ander vennootwinkels sal kan gebruik nie.
Om jou Woolies-kaart te koppel: Teken in of bel hul Kliëntedienssentrum by 0860 100 445 of e-pos [email protected].
Ja. Jy kan tot drie begunstigdes ondersteun, en alle fondse word gelykop verdeel.
Indien jy slegs GSDP wil ondersteun, soek eenvoudig vir “Dirk Postma” onder begunstigdes en laai slegs die skool.
Sodoende word die volle persentasie na die skool oorbetaal.
Jy kan enige tyd op MySchool se webtuiste jou begunstigdes opdateer.
+27 12 332 3222 | [email protected] | Cunninghamlaan 1182, Waverley, Pretoria, South Africa