Ryke seëninge
Vir die afgelope 23 jaar beleef Gereformeerde Hoërskool Dirk Postma die Here se besondere seën op die werk wat by die skool gedoen word. Ons is baie dankbaar vir hierdie herhalende 100% slaagsysfer.
Tot Eer van God
Hierdie akademiese uitnemendheid word bewerkstellig deur opvoedkundige uitnemendheid reeds vanaf die kleuterskool toe te pas. Gelowige onderwysers wat die grondslag lê, ouers wat erns maak met die opvoeding en ‘n skoolbestuur wat toesien dat uitnemende onderwys kan plaasvind, het daartoe bygedra dat die matrieks van 2024 uiteindelik, na 12 jaar, ‘n besondere matrieksertifikaat kon verwerf.
“Want nie wat die mens sien, sien God nie; want die mens sien aan wat voor oë is, maar die HERE sien die hart aan.”
Hoe lyk die 2024-Dirk Postmagroep se akademiese uitslae?
Ons Prestasies in Detail
100% Slaagsyfer — Een van slegs 7 skole in die distrik met hierdie prestasie
16 Onderskeidings — Uit die 18 kandidate (88.9%)
100% B-Graadtoelating — Alle kandidate kwalifiseer vir universiteitstudie
Beste Onafhanklike Skool — Deur die Departement van Onderwys aangewys in die distrik
SOS-Toekenning — Agtste onder die top 20 uitsonderlik presterende kleiner Afrikaanse skole
Vakprestasies
Tweede in Gauteng
singstegnologie
In Konteks
Die 18 leerlinge by GSDP is deel van ‘n besondere nasionale prestasie
GSDP Slaagsyfer
100%
Alle 18 kandidate
Nasionale Slaagsyfer
87%
615,429 leerlinge
Nasionale Onderskeidings
319
Landwyd in 2024
Beste Provinsie
Vrystaat
KZN 2de, Gauteng 3de
Saam Bereik Ons Meer
Hierdie sukses is die vrug van samewerking tussen drie belangrike pilare
Gelowige Onderwysers
Wat die grondslag lê met toewyding, vakkennis en ‘n roeping om leerders te vorm volgens Bybelse beginsels.
Betrokke Ouers
Wat erns maak met die opvoeding en saam met die skool werk om hul kinders se toekoms te vorm.
Toegewyde Bestuur
Wat toesien dat uitnemende onderwys kan plaasvind binne ‘n omgewing van geloof en vertroue.
Meer as Net Prestasie
Akademie is ‘n deel van hierdie vrug en ons is dankbaar dat dit mooi vertoon. In die oë van die wêreld is die akademiese vrug dalk die belangrikste, maar in die oë van die Here is die hartsvrug wat oorgaan in dade die belangrikste.
Geluk dus aan elkeen wat hard gewerk het. Nou volg daar ‘n opdrag naamlik om die vrug te vermeerder. Welgevallige vrugte in die oë van die Here. Vrug waarmee ons Hom en ons naaste dien, waarmee die skepping ontgin en bewaar word en waarmee voluit geleef word.
Matrieks van 2024
Nogmaals geluk met jul mooi prestasie!
Mag hierdie akademiese vrugte deure oopsluit sodat julle toegerus mag word vir jul roeping om Hom met oorgawe daarmee te kan dien. Hierdie diens staan egter nie los van die hartsvrug wat jul vanaf Gereformeerde Skool Dirk Postma saamneem nie, hartsvrug waarmee julle diensbaar moet wees.