+27 12 332 3222 | [email protected] | Cunninghamlaan 1182, Waverley, Pretoria, South Africa

Graad 8 Inligting

Hartlik welkom aan elke kind wat by Gereformeerde Hoërskool Dirk Postma (GSDP) aansluit. Ons glo en vertrou dat hierdie nuwe lewensfase sal wees tot opbou en versterking van hom/haar as mens, gebou op ‘n sterk fondament in Christus.

Graad 8 Inligting

Vinnige skakels

Kommunikasie

Die skool het verskeie kommunikasie-kanale om u op hoogte te hou:

Webtuiste

Die skool se webtuiste gee belangrike inligting rakende die skool, asook toets- en eksamenroosters. Op die webtuiste is die skool se kalender, met instruksies hoe u die kalender met u eie kalender kan sinchroniseer.

D6-Toepassing

Die D6-toepassing word gebruik vir kommunikasie en betalings. Dit kan op Google Play winkel afgelaai word as D6 School Communicator.

INFO-Nuusbrief

Elke tweede week verskyn die skool se INFO – ‘n algemene skrywe met belangrike reëlings en gebeure by die skool.

WhatsApp-groepe

Dringende kommunikasie word gedeel op die skool se onderskeie WhatsApp-groepe.

Betalings

GSDP is kontantloos!

Alle betalings word elektronies hanteer vir u gerief en veiligheid.

Betalingsmetodes:

  • Elektroniese oorbetaling: Betaal in die skool se rekening met familiekode as verwysing
  • D6-toepassing: Maak betalings direk via die app
  • SnapScan: Gebruik SnapScan vir vinnige betalings

Snoepiekaart

Die snoepie is ook kontantloos. Leerlinge kan:

  • Met ‘n bankkaart by die snoepie betaal, OF
  • ‘n Snoepiekaart by die kantoor koop teen R40, waarop geld via die D6-toepassing gelaai kan word

IEB by GSDP

GSDP is deel van die IEB-assesseringsliggaam. Dit was ‘n geleidelike infasering en ons sien uit om DV in 2026 ons eerste graad 12-groep te hê wat die IEB-eksamen gaan aflê.

Belangrike inligting:

  • IEB volg nie ‘n ander kurrikulum as die Departement van Onderwys nie – ons volg steeds die KABV-kurrikulum
  • IEB is ‘n onafhanklike assesseringsliggaam
  • Ons glo en vertrou dat leerlinge wat die IEB graad 12-eksamen aflê baie beter voorbereid sal wees vir verdere studies en die beroepswêreld
  • Daar is kostes verbonde aan die aflê van die IEB graad 12-eksamen

Meer Inligting

Meer inligting hieroor sal gedurende Januarie, tydens die Hoërskool se inligtingsaand gegee word.

Selfoonbeleid

GSDP is ‘n selfoonvrye skool.

Leerlinge word toegelaat om hul selfone saam te neem skool toe, maar sal dit elke dag by hul voogonderwyser inhandig, waar dit veilig toegesluit word in die kantoor.

Ons moedig leerlinge aan om liewer hul selfone tuis te los.

Die skool dra geen verantwoordelikheid vir selfone wat beskadig word of wegraak nie.

Psalmboeke

Ons het ‘n kosbare skat van psalms wat ons vir die leerlinge leer.

Elke week: Twee oefenpsalms

Elke dag: Leerlinge moet ‘n Psalmboek saamneem skool toe.

Oefen asseblief ook die psalms by die huis!

Dagboek 2026

Elke graad 8-leerling ontvang ‘n pragtige skooldagboek.

Sluit in:

  • Skoollied
  • Name van onderwysers en diensraad
  • Skoolure
  • Skoolreëls en gedragskode

Die graad 8-leerders sal die dagboek GRATIS in Januarie 2026 ontvang.

Sluitkassies

Sluitkassies kan gehuur word.

Buitemuurs

Ons skop die eerste kwartaal af met atletiek wat ‘n huissport en ‘n moontlike wegbyeenkoms insluit.

Vervoerkoste

Die wegbyeenkomste bring vervoerkoste mee: Ongeveer R100 per kind per rit

Ander aktiwiteite gedurende die eerste kwartaal:

♟️ Skaak
🏓 Tafeltennis
🏐 Netbal (begin na die atletiekseisoen, gewoonlik einde Februarie)

Ander buitemuurse aktiwiteite soos drama, redenaars en Bybelvasvra se inligting sal deur die loop van die kwartaal gedeel word.

Sosiale Geleenthede

Warmbad Forever Resort

GSDP het die tradisie om elke jaar in Februarie of Maart die hele skool vir die dag na Warmbad Forever Resort te neem.

Koste: Ongeveer R400
(sluit toegangsgeld en busgeld in)

Graad 10 Opvoedkundige Toer

Die graad 10-leerlinge gaan jaarliks op ‘n opvoedkundige toer.

Aanbeveling: Begin reeds in graad 8 om R200 per maand vir die toer in te betaal, sodat die fondse makliker bymekaar gemaak word.

Die toer vind gewoonlik in September van die graad-10 jaar plaas. Vanjaar het die toer ongeveer R7,000 per kind gekos.

Dinee en Lente-ete

Gedurende die jaar vind daar ‘n dinee en lente-ete by die skool plaas. Dit is semi-formele geleenthede wat deur die Diensraad gereël word. Slegs leerlinge van GSDP mag die geleenthede bywoon.

Vakverwante Uitgawes

Rekenaartegnologie

USB stokkie (8GB/16GB) en gemerk

Wiskunde

Nie-programmeerbare wetenskaplike sakrekenaar

Kerkgeskiedenishandboek

Graad 8 behandel deel 1 van die Kerkgeskiedenisreeks. Beskikbaar by die skool se winkel. Die handboek bly die leerling se eiendom.

Bybelse Tydlyn

‘n Belangrike hulpmiddel in die Bybelklas – ‘n groot skat vir elke leerder. In die vorm van ‘n opvoubare boekie.

R180 (groepsbestelling) / R250 (individueel)

Plaas bestelling by Juffrou Sanmari

Skryfbehoeftes

Leerders benodig die basiese skryfbehoeftes: blou penne, potlood, uitveër, liniaal, skêr, gom ensovoorts.

Belangrike Datums

Let Wel: Datums kan moontlik nog verander – hou die skool se kommunikasiekanale dop!

  • 12 & 13 Januarie
    Groentjiedag

  • Dinsdag 13 Januarie
    Hoërskool Inligtingsaand

  • Saterdag 17 Januarie
    Huissport

  • Vrydag 23 Januarie
    Groentjiekonsert

  • Vrydag 6 Februarie
    Maragon atletiekbyeenkoms

  • Vrydag 27 Februarie
    Warmbad-uitstappie

  • 13 Maart
    Dinee

+27 12 332 3222 | [email protected] | Cunninghamlaan 1182, Waverley, Pretoria, South Africa